Local newsNews

Inwoners van Ermelo glimlag breed na opheffing van gesigmaskers

Hoëvelder se kantoor was aan die gons met mense wat die weeklikse koerant kom optel het, wat meer energiek en vreugdevol voorgekom het.

ERMELO – Inwoners het die nuus oor die opheffing van gesigsmaskers op 23 Junie met ope arms en breë glimlagte verwelkom.

Volgens ’n staatskoerant wat Woensdag verskyn het, het Suid-Afrika se minister van gesondheid, Joe Phaahla, die land se laaste koronavirusverwante beperkings opgehef.

Die dra van maskers, beperkings op byeenkomste sowel as maatreëls by die grense is laat vaar.

Hoëvelder se kantoor was aan die gons met mense wat die weeklikse koerant kom optel het, wat meer energiek en vreugdevol voorgekom het.

Die publiek moes die afgelope sowat 800 dae maskers dra as ‘n voorsorgmaatreël teen Covid-19.

By verskeie ondernemings op die dorp is daar gesien dat mense dié aankondiging verwelkom het, en dat maskers nou die strate vol lê.

Die eerste geval van Covid-19 in Suid-Afrika is op 5 Maart 2020 bevestig. Die landswye inperking het op 19 Maart 2020 met streng tuisblyvoorsorgmaatreëls begin.

Phaahla het tydens sy toespraak gesê dat daar gedurende die einde van April en die grootste deel van Mei ’n beduidende styging in daaglikse infeksies regoor die land was, wat verhoogde opnames in hospitale veroorsaak het.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button