Raak betrokke by omgeeprojek vir Ermelo se behoeftige seuns
Die koste van ’n Ebenezer-pakkie beloop ongeveer R160 per maand.
ERMELO – Ebenezer Seuns is ’n omgeeprojek wat maandeliks na sowat 21 seuns se behoeftes omsien.
Volgens Carinché Pretorius, wat die projek op die been gebring het, is die korttermyndoelwit om dié seuns se selfbeeld en menswaardigheid te versterk deur hulle maandeliks van toiletware te voorsien.
Die basiese pakket sluit produkte soos lyfseep, tandepasta, ’n tandeborsel, waslap, sjampoe, ’n skeermes, spuitgoed, deodorant, haarjel, lipsalf, sneesdoekies en room in.
Die koste van ’n Ebenezer-pakkie beloop ongeveer R160 per maand.
Hulle het ook op 1 Julie die projek se tweede verjaardag gevier
Pretorius sê dat hulle elke maand nog geseënd was om vir die seuns ’n pakkie te kon gee.
“Ons is dankbaar vir elke skenking en bydrae wat ons maandeliks ontvang, Dankie dat julle saamwerk om ’n verskil in die seuns se lewe te maak,” het sy gesê.
Indien enigiemand by die projek wil betrokke raak, kan Pretorius by 074 213 2237 geskakel word.