Local newsNews

Hans de Wet laat ’n groot leemte op Ermelo

Hans sal onthou word as iemand wat altyd reg was met ’n grap en vir sy liefde om mense te help.

ERMELO – Hans de Wet (57), ’n geliefde en welbekende inwoner, is op 14 Julie na ’n sowat drie maande lange siekbed oorlede.

De Wet is aan hart- en lewerversaking oorlede, en laat ’n groot leemte op die dorp.

Die dorpenaars sal De Wet, meer bekend as Dik Hans, as ’n vriendelike man en ’n bok vir sports onthou. Hierdie bynaam, sê een van sy vriende, kom al sedert hulle weermagdae.

Hy het nooit geskroom om ander te help nie, en sou sy laaste vir dié wat dit nodig gehad het, gegee het.

Hy was gereeld by die Ermelo Rolbalklub se sakeliga te siene, en het graag op die gholfbaan gaan kuier.

De Wet het in 2017 by die Ermelo Memorable Order of Tin Hats (MOTH) se Monte Sole Shellhole aangesluit en is in 2018 as sersant-majoor aangewys, toe hy by die dissipline van die shellhole betrokke was.

In 2019 is De Wet as die distrik se sersant-majoor aangewys, waar hy tot en met sy afstorwe betrokke was.

Een van sy kosbare bydraes tot die MOTH-klub, was die museum wat onlangs ingerig is en vol aandenkings van die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog is.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button