Crime

Swendelaar maak moles op Ermelo

Na wat verneem word verkoop die man allerlei produkte oor WhatsApp.

ERMELO – Verskeie dorpenaars het aan die Hoëvelder bekendgemaak dat hulle deur ’n plaaslike swendelaar ingedoen is.

Die eienaars van twee plaaslike ondernemings, wat op die voorwaarde van anonimiteit met Hoëvelder gepraat het, beweer dat hulle duisende rande weens sy skelmstreke moes afskryf.

Hulle het ook gemeld dat hy by hul ondernemings ingestap het en goedsmoeds produkte gevat het met geen voorneme om ten volle daarvoor te betaal nie.

Die eienaar van die een onderneming noem dat die swendelaar in hul kantoor ingestap het en voorraad geneem het met die belofte dat sy ‘kamtige’ baas daarvoor sou betaal.

Kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo SAPD se woordvoerder, vra dat lede van die publiek haar direk by 079 891 4813 skakel indien hulle enige informasie of klagtes het in verband met dié bedrogsaak.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button