Crime

Twee voertuie in kop-aan-kop-botsing betrokke

Die ongeluk het omstreeks 17:45 op die Hendrina-pad plaasgevind

ERMELO – Die polisie ondersoek tans ’n klag van roekelose en nalatige bestuur nadat twee voertuie op 30 Augustus in ’n kop-aan-kop-botsing betrokke was.

Die ongeluk het omstreeks 17:45 op die Hendrina-pad plaasgevind.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, was dit ’n wit Opel Kadett met twee insittendes en ’n rooi Volkswagen Polo met vier insittendes.

Die bestuurders en passasiers van beide die voertuie het beserings opgedoen en is na die plaaslike hospitaal vir behandeling geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button