DA Ermelo steun AfriForum se veldtog teen verhoogde tariewe
Die DA het die inwoners van hierdie kwessie bewus gemaak deur petisievorms op die hoek van Kerk- en Jansenstraat vir ondertekening beskikbaar te stel
ERMELO – Lede van die DA het inwoners op 18 September aangemoedig om hul stemme oor die onlangse elektri-siteitstariefverhogings te laat hoor.
Die DA het die inwoners van hierdie kwessie bewus gemaak deur petisievorms op die hoek van Kerk- en Jansenstraat vir ondertekening beskikbaar te stel, en só hulle ondersteuning aan dié wat die Msukaligwa Plaaslike Owerheid se tariewe wil betwis, gebied.
Danie du Plessis, ‘n DA-lid en -ondersteuner, saam met JJ Scholtz, ‘n voormalige ACDP-raadslid en nou DA-lid, het bevestig dat hulle AfriForum se veldtog teen die onwettige verhogings ondersteun.
“Ons wil seker maak dat inwoners ingelig is oor hoe om hierdie onregverdige tariewe te betwis en dat hulle die regte stappe kan neem,” het Du Plessis en Scholtz aan Hoëvelder gesê.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



