Crime
Ermelo-man drink gif na hy suster se kêrel met mes doodsteek
'n Geskil tussen 'n vrou en haar kêrel het tot 'n tragedie eskaleer nadat die vrou se broer ingegryp het en hy hom met die mes gesteek het.
Die polisie ondersoek ’n moordsaak waarin ’n man op 27 Oktober in Wesselton, Uitbreiding 5 met ’n mes in die bors gesteek is.
Volgens kapt Carla Prinsloo, die woordvoerder van die Ermelo-polisie, het ‘n vrou en haar kêrel na bewering gestry toe haar broer tussenbeide probeer tree, en die kêrel met ’n mes in sy bors gesteek het.
“Die vrou het vervoer gereël om haar kêrel hospitaal toe te neem, maar hy is dood,” het Prinsloo gesê.
Die broer het homself in sy slaapkamer toegesluit en na bewering probeer selfmoord pleeg deur gif te drink.
Hy is tans in die hospitaal onder polisiebewaking.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



