Crime

Inbrekers slaan toe by Ermelo Gholfklub

Die krag was glo tydens die inbraak af en daarom het sekuriteitskameras nie gewerk nie.

ERMELO – Die Ermelo Gholfklub is onlangs deur ’n reeks inbrake by die klubhuis geteister.

Die laaste voorval was op 6 Januarie, toe die oortreders toegang tot die klubhuis verkry het deur twee vensters in die kroegarea oop te breek en die diefwering te beskadig. Hulle het alkohol uit die kroeg gesteel.

Volgens die bestuurder, Eddie Daniel, was die krag tydens die inbraak af, dus het die sekuriteitskameras nie gewerk nie.

Ten spyte daarvan het die klubhuis se alarm wel afgegaan.

Daniel het ’n volledige voorraadopname gedoen om die omvang van die diefstal te bepaal.

Tydens ’n besoek aan Daniel by die gholfklub, het hy gesê dat die klub gereeld deur inbrekers geteister word en dat die inbrake al groot skade by die klub aangerig het.

Hoëvelder het navrae aan kapt. Carla Prinsloo, woordvoerder vir die Ermelo-polisie, oor hierdie voorval en vorige inbrake by die klub, gestuur en wag vir terugvoer.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button