Crime

Verdagtes se saak van dubbele moord in Ermelo uitgestel

saak tot 17 Januarie uitgestel omdat die regsverteenwoordiger nie die verrigtinge kon bywoon nie.

ERMELO – Die saak van die twee verdagtes, Sifiso Immaneul Mkahaya Nyandeni (39) en Sifiso Spheto Zulu (45), wat in verband met die dubbele moord op 1 Januarie by Taste se parkeerarea betrokke was, is op 9 Januarie in die Ermelo Landdroshof voortgesit.

Dit is egter na 17 Januarie uitgestel omdat die regsverteenwoordiger nie die verrigtinge kon bywoon nie.

Die polisie ondersoek tans hierdie voorval waarin twee 21-jarige mans dood is. Volgens kapt.

Carla Prinsloo, woordvoerder vir die Ermelo-polisie, het dit omstreeks 03:00 plaasgevind toe die twee mans in ‘n Toyota Avanza in die parkeerarea gesit het.

Daar word beweer dat die verdagtes uit ‘n Mercedes-Benz op die voertuig geskiet het.

‘n Vriend van die slagoffers het hulle na die provinsiale hospitaal gehaas, waar een van die mans met hul aankoms dood verklaar is en die ander kort daarna aan sy beserings beswyk het.

Koeëldoppies en twee projektiele is op die skiettoneel gevind.

Die polisie het later dieselfde oggend, omstreeks 09:00, dié twee verdagtes in hegtenis geneem.

Volgens Prinsloo is ‘n derde verdagte steeds soek, maar die
polisie is van mening dat dit slegs ‘n kwessie van tyd is voordat hulle dié ook in hegtenis neem.

Enigiemand met inligting word versoek om met die betrokke owerhede in verbinding te tree.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button