Waaksaamheid belangrik ná insidente op Ermelo
Theo Craven van die SACCW, het benadruk dat mense bedag moet wees en dadelik hulle deure moet sluit en die toneel verlaat as hulle onraad vermoed.

ERMELO – Die dorpenaars word versoek om ekstra waaksaam te wees wanneer hulle in die dorp rondbeweeg, nádat twee voorvalle binne slegs enkele dae van mekaar plaasgevind het.
Na wat verneem word het twee mans op 16 Januarie ’n vrou genader waar sy in haar voertuig gesit het.
Hulle het haar probeer oorreed om uit te klim deur valslik aan te voer dat haar motor se band pap was.
Theo Craven van die Suid-Afrikaanse Gemeenskapsmisdaadwaggroep (SACCW) het die inwoners gewaarsku om nie op sulke aansprake te reageer nie.
Hy het benadruk dat mense dadelik hulle deure moet sluit en die toneel moet verlaat.
“Mense moet dadelik voorvalle van hierdie aard by die SACCW of die naaste polisiekantoor aanmeld.”
Die tweede voorval was op 22 Januarie waar daar verneem word van ’n bankkaart wat by een van die OTM’s in die Pick n Pay-omgewing gesteel is.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.