Municipal

Morgenzon-inwoners sê ‘aikôna‘ vir vuil water

Inwoners het hul misnoë te kenne gegee oor die gehalte van die water, wat volgens hulle, onveilig is vir menslike gebruik.

MORGENZON – Inwoners is in rep en roer oor die haglike toestand van die Lekwa Plaaslike Owerheid se water.

Klagtes stroom in oor die gehalte van die water, wat volgens inwoners onveilig is vir menslike gebruik.

LEES OOK: AfriForum loods ‘Wat(er) wil ons hê’ -veldtog

Die bruin, wolkerige water met sediment wat sigbaar is op die oppervlak en wat onder in die glas lê. Foto | Verskaf

Foto’s wat deur bekommerde inwoners gestuur is, vertel die storie.

Die water is bruin, wolkerig, en vol sediment wat sigbaar op die oppervlak en onder in die glas lê.

Die bruin, wolkerige water met sediment wat sigbaar is op die oppervlak. Foto | Verskaf

Hierdie toestand van die water het dringende vrae laat ontstaan oor die veiligheid van die water, veral omdat inwoners beweer dat munisipale werkers hulle boonop gewaarsku het om nie die water te drink nie.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button