Municipal

Daar kom dadels van belofte van besoek by Ermelo-lisensiëringskantore

Die plaaslike lisensiëringskantore word deur die Department van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling bestuur.

ERMELO – Sowat ‘n maand gelede het Hoëvelder ‘n verslag gedoen oor die probleme by die plaaslike lisensiëringskantore.

Stelsels wat van lyn af is, eindelose toue en bewerings van korrupsie – soos toenemende kommer dat sekere werknemers selektief, en moontlik teen betaling, mense en motorhandellaars help, terwyl ander ure lank moet wag – is iets wat inwoners daagliks in die gesig staar.

Verder sluit inwoners se klagtes die volgende in:

  • Gebrek aan skadu vir mense wat ure in rye moet wag
  • Geen duidelike kommunikasie of visuele aanduidings wanneer stelsels van lyn af is of watter tou waarvoor is nie
  • Onsekerheid oor hoeveel mense per dag gehelp sal word, wat veroorsaak dat mense reeds voor dagbreek opdaag
  • Personeel wat ongeskik of afwysend is teenoor kliënte
  • Geen meganisme vir klagtes of terugvoer op die perseel self nie
  • Aanhoudende bewerings dat omkoopgeld betaal word om voorkeurbehandeling te verseker, veral aan motorhandelaars
  • ‘n Algemene gevoel dat sekere kliënte doelbewus voorgetrek word, ten koste van ander wat lank wag

Op 13 Maart moes inwoners onverrigter sake huis toe terugkeer nadat die kantore sonder elektrisiteit was weens wanbetaling – ’n verdere aanduiding van moontlike administratiewe wanbestuur.

‘n Kennisgewing wat vanoggend by die lisensiekantore opgesit is. Foto | Verskaf

Die plaaslike lisensiëringskantore val al ’n geruime tyd nie meer onder die Msukaligwa Plaaslike Owerheid nie, en word deur die Department van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling bestuur.

In reaksie op navrae het Moeti Mmusi, die woordvoerder van dié departement, antwoorde namens die LUR van die departement in Mpumalanga, Jackie Macie, verskaf.

Volgens hierdie antwoorde is daar onder andere onderneem om die kantore persoonlik te besoek en ondersoek in te stel na die bewerings van korrupsie, die feit dat daar geen publieke ablusiegeriewe is nie, ontsettende lang wagperiodes en die algemene swak dienslewering.

Daardie besoek het egter nie gerealiseer nie.

Inteendeel, daar is kort voor die koerant se ter perse gaan, versoek dat die verwysing na Macie se beplande besoek liefs verwyder word.

LEES OOK: Ermeloërs raadop oor dienste by lisensiëringkantore

Dit laat die vraag ontstaan of daar ooit ‘n werklike voorneme was om die kantore te besoek, óf of die aanvanklike kommentaar bloot bedoel was om verontwaardigde partye te paai.

Teen druktyd was daar nog geen reaksie van Mmusi hieroor nie.

Lees die volledige berig in vandeesweek se Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button