Ouditverslag wys op groot verliese en swak invordering by Msukaligwa
Die VF Plus sê die jongste ouditverslag toon volgehoue finansiële en bestuursuitdagings by die Msukaligwa Plaaslike Owerheid.
ERMELO – Die Msukaligwa Plaaslike Owerheid het vir die derde agtereenvolgende jaar ’n gekwalifiseerde ouditverslag ontvang, volgens die 2024/25-verslag van die ouditeur-generaal van Suid-Afrika.
Die bevindinge is vervat in ’n mediaverklaring wat op 16 Februarie deur die VF Plus se PR-raadslid, Shobie Arnoldi, uitgereik is.
Volgens hom dui die verslag op volgehoue finansiële en bestuursuitdagings binne die munisipaliteit wat Breyten, Chrissiesmeer, Davel, Ermelo en Lothair bedien.

Die party wys onder meer op hoë waterverliese van ongeveer 66% en elektrisiteitsverliese van 61%, asook swak invordering van sowat 72% van munisipale rekeninge.
Daar word ook beweer dat die plaaslike owerheid se begroting steeds onbefonds is en dat beheermaatreëls onvoldoende bly.
Teen druktyd was daar nog geen amptelike reaksie van die plaaslike owerheid op die bewerings beskikbaar nie.
Lees die volledige berig in die gedrukte weergawe van die Hoëvelder.



