Municipal

Chrissiesmeer se buurtspan maak tasbare verskil met opruimingsprojekte

Selfbestuur in Chrissiesmeer toon resultate nadat die plaaslike buurtspan tientalle sakke rommel verwyder en openbare ruimtes opgeknap het.

CHRISSIESMEER – Die AfriForum-buurtspan in Chrissiesmeer het weer eens bewys dat selfbestuur haalbaar is deur grootskaalse opruimings- en instandhoudingswerk in die dorp te doen.

In Februarie alleen het die span 11 hektaar gras gesny en talle strate sowel as die dorp se ingange skoongemaak.

Sakke vol rommel versamel deur AfriForum-buurtspan in Chrissiesmeer
Sedert Januarie het die tak 174 sakke rommel uit die dorp verwyder, waarvan 89 in Februarie alleen was. Foto’s: Verskaf/AfriForum

Die begraafplaas is ook opgeknap en ’n projek is van stapel gestuur om die terreine van die vervalle tennisbane op te ruim.

Sedert Januarie is 174 sakke rommel verwyder.

AfriForum-buurtspan lede werk saam om dorp netjies te hou
Die span se volgehoue werk wys hoe gemeenskapsbetrokkenheid Chrissiesmeer se netheid verbeter. Foto: Verskaf/Afriforum

Volgens die span speel netheid ’n belangrike rol in die dorp se ekonomie, veral aangesien dit grootliks van toerisme afhanklik is.

AfriForum het ook ingespring om vullis te verwyder toe die munisipaliteit nie diens kon lewer nie.

Lees meer oor die besonderhede in die Hoëvelder se gedrukte uitgawe.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button