Sport
Nuwe lede maak hul merk by rolbalklub se dameskampioenskap
Ermelo Rolbalklub se Vroue Pare Klubkampioenskap het onlangs opwindende wedstryde opgelewer, met ervare spelers en nuwe lede wat hul staal op die baan gewys het.

Die Ermelo Rolbalklub se Vroue Pare Klubkampioenskap het die afgelope naweek opwindende wedstryde opgelewer, met ervare spelers en nuwe lede wat hul staal op die baan gewys het.
Volgens die klub was dit veral bemoedigend om van die nuwe lede aan die kampioenskap te sien deelneem.
Die einduitslae van die kampioenskap was soos volg:
• 1ste: Nadia Schneider en Lindi Brill
• 2de: Gerda Swanepoel en Nicolene Griffiths
• 3de: Alna Basson en Zanté Sonnekus
• 4de: Yolandie Mostert en Ava Sonnekus




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



