Local news

VLU skenk komberse vir kinder- en jeugsorgsentum op Ermelo

Die tak het materiaal, deur Yusuf Desai van Mix and Match geskenk, vir die komberse gebruik.

ERMELO – Die Vroue Landbou-unie (VLU) se Talento Mulhertak se vroue het op 26 Julie komberse aan die kinder- en jeugsorgsentum op die dorp oorhandig.

Die tak het materiaal, deur Yusuf Desai van Mix & Match geskenk, vir die komberse gebruik.

Sue Nell het die kombers aanmekaar vasgewerk.

Dié tak het ook verskeie kosprodukte aan die sentrum geskenk.

Hulle het almal wat bydrae tot die projek gemaak het, bedank.

Enigiemand wat by die tak wil aansluit, kan die takvoorsitter, Veronica Bisschoff, op 083 367 6798 of Elsa de Villiers op 072 623 5889 skakel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button