Local news

Oupas en oumas van SAVF-tehuis word vir Kersfees bederf

Elke bejaarde het ook roomys en koeldrank gekry terwyl daar heerlik saamgekuier is.

ERMELO – Cherice Purcocks van die Ouma-en-Oupaprojek het op 5 Desember die bejaarde inwoners van die plaaslike SAVF-tehuis met Kersgeskenke bederf.

Dié projek wat reeds vyf jaar gelede geloods is, en in verskeie dorpe plaasvind, beoog om bejaardes tydens die Kerstyd te bederf en spesiaal te laat voel.

Die groep het met omtrent ’n hele vrag geskenke daar opgedaag en drie kinders het gehelp om dit aan al die oupas en oumas uit te deel.

Na die opwinding van die geskenke, het Jonie du Plooy en Lelanie de Wet die inwoners met pragtige liedere bekoor.

Elke bejaarde het ook roomys en koeldrank gekry terwyl daar heerlik saamgekuier is.

Purcocks het gesê wat die projek uniek maak, is dat elke inwoner ’n behoeftelysie ontvang waarop hulle kan aandui wat hulle graag vir Kersfees wil hê.

“Só kan ons seker maak dat elke inwoner presies kry wat hulle die graagste wil hê,” het sy gesê.

Die waarde van die geskenke moes ongeveer R200 beloop, maar meeste van die skenkers het die bedrag by verre oorskry.

Purcocks het gesê dat hulle reeds jaarliks in Julie begin om die geskenklysies, skenkers en reëlings in plek te kry, om so te verseker dat niemand oorgeslaan word nie.

Items op die oumas en oupas se lysies, wissel volgens hul behoeftes.

Sommige inwoners het ’n behoefte aan ’n bederfboks met lekkers, sjokolade, beskuit en ander lekkernye, terwyl ander weer toilet- of kruideniersware nodig het.

Purcocks nooi die inwoners uit om hul Facebook-bladsy, OUMA & OUPA Projek, te besoek.

“Ons wil volgende jaar graag die gemeenskap meer betrokke maak by die projek om dit selfs nog meer spesiaal te maak vir elke ouma en oupa in die gemeenskap,” het sy afgesluit.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button