Local news

Aapstreke in Ermelo

'n Vrou het gesê sy het hom gesien waar hy vanaf ’n huis in die straat na die burgersentrum toe gehardloop het, maar hy het kort daarna weer spore gemaak.

ERMELO – Die rondloper-blouaap wat sommige inwoners onlangs op verskeie plekke op die dorp gesien het, is steeds op soek.

Die aap is vir die eerste keer op 13 Januarie in die omgewing van Generaal Botha- en HF Verwoerdstraat opgemerk.

Die mense het hom weer op 25 Januarie in Breytenbach- en Groblerstraat gewaar, maar hy het kort daarna weer verdwyn.

‘n Vrou het gesê sy het hom gesien waar hy vanaf ’n huis in die straat na die burgersentrum toe gehardloop het, maar hy het kort daarna weer spore gemaak.

Hoëvelder het Johan Coetzer, die hoof van Natuurbewaarder Hoëveldstreek, gekontak om uit te vind wat die inwoners te doen staan indien hulle weer die aap sien, en watter gevare dit dalk mag inhou.

Coetzer het gesê hulle vermoed die dier het moontlik van sy trop afgedwaal, of hy kon dalk ontsnap het waar hy onwettig as ’n troeteldier aangehou is.

Lees meer oor wat Coetzer te sê gehad het in die Hoëvelder.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button