Local news
Ligbron-onnie wys haar staal by Vrystaatse Meesters-atletiekbyeenkoms
Grobler het ’n goue medalje in die 200 m-item verower.
Elmarie Grobler, ’n Afrikaansonderwyser by Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs tydens die Vrystaatse Meesters-atletiekbyeenkoms stof in die oë van haar teenstanders geskop.
Grobler het ’n goue medalje in die 200 m-item verower.
Sy het ook vier silwer medaljes in die 110 m, gewigstoot, diskus en hamergooi gekry en een brons medale vir spiesgooi huis toe gebring.

“Ligbron is besonder trots op haar uitsonderlike prestasies,” het die hoof, Gerhard Brand, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



