Local news

Ermelo-man sy inkomste moontlik kwyt indien operasie nie uitgevoer word nie

Daar is ook aan hom gesê dat hy vir 'n lensoorplanting moet gaan om sy publieke lisensie te hernu.

ERMELO – Gerrit Calsen (57), ‘n jare lange inwoner, benodig dringend hulp om vir ‘n lensoorplanting te gaan.

Volgens sy vrou, Marietjie, is daar onlangs tydens ‘n ondersoek by ‘n plaaslike oogarts gesê dat hy ‘n katarak in sy regteroog het wat so gou as moontlik verwyder moet word om verdere probleme met sy sig te vermy.

“Hy het reeds probleme met sy sig wat dof raak begin ervaaar, en ons het besef dat die operasie so gou as moontlik gedoen moet word. Ons het geen ander uitweg as om geld te probeer insamel sodat hy die nodige behandeling kan ontvang nie,” het Marietjie gesê.

Daar is ook aan hom gesê dat hy vir ‘n lensoorplanting moet gaan om sy publieke lisensie te hernu.

Calsen is afhanklik van sy lisensie om ‘n inkomste vir sy gesin te genereer, aangesien hy die broodwinner is.

Die gesin beskik nie oor ‘n mediese fonds nie, en benodig sowat R15 000 vir die operasie.

‘n Trustrekening is by Pas Prokureurs vir geldinsameling geopen.

Enige persoon wat die gesin kan help, kan die volgende rekening gebruik:

Pieter Stoffberg Ingelyf Trust; trustrekening; FNB; Ermelo; takkode – 270344; rekeningnommer – 62092150326; verwysing – CAL 17/1.

Marietjie het almal wat reeds ‘n bydrae gemaak het, bedank.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button