Local news

Ermelo polisie neem bestuurder in hegtenis ná botsing

'n Polisiebeampte wat toevallig aan diens was, was vinnig op die toneel.

‘n Motorongeluk het vanmiddag plaasgevind by die vierrigtingkruising van Murray- en Joubertstraat.

Marlyn Ferreira, ‘n ooggetuie, het met Hoëvelder gesels en haar ervaring meegedeel. Volgens haar het sy gesien hoe ‘n Ford Ranger-bakkie teen ‘n hoë spoed oor die rooi verkeerslig gery het.

Die bakkie het volgens haar met ‘n ander voertuig- wat besig was om links in Joubertstraat in te draai, gebots.

‘n Polisiebeampte wat toevallig aan diens was, was vinnig op die toneel. Hy het die bestuurder van die Ford Ranger in hegtenis geneem.

Van Wettens insleepdiens het kort daarna op die toneel aangekom om die beskadigde voertuig te verwyder.

Daar is geen ernstige beserings aangemeld nie.

ER24 en die Provinsiale Ambulansdiens, was ook op die toneel.

’n Petroljoggie het karparte opgetel van die toneel sodat motoriste nie oor dit moet ry nie.
Bystanders het ook gehelp om die toneel op te ruim
Nog ’n ooggetuie verduidelik aan die polisie wat sy waargeneem het, terwyl hulle die Ford-bestuurder in hegtenis neem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button