SAVF Ermelo vier Vrouedag
Die organisasie moet voortdurend geld insamel om aan al hul verpligtinge te voldoen en ondersteuning te bied aan diegene wat dit benodig.
ERMELO – Die SAVF-tehuis het Woensdag Vrouedag op ’n gepaste wyse gevier, en die inwoners kon die dag saam geniet.
Die ouetehuis het alle verwagtinge oortref deur ’n onvergeetlike viering te beplan. Vanjaar het die tehuis klem op die gemeenskap en senior burgers geplaas.
Die finansiële druk waaronder die tehuis gebuk gaan, is egter ’n realiteit veral weens die toenemende behoefte onder SASSA-inwoners en diegene wat geldelik sukkel.
Die organisasie moet voortdurend geld insamel om aan al hul verpligtinge te voldoen en ondersteuning te bied aan diegene wat dit benodig.
Een van die inisiatiewe is die uitbreiding van die Alzheimers-eenheid om aan die toenemende behoefte te voldoen.
Hierdie afdeling speel ’n kritieke rol in die ondersteuning van die inwoners wat met hierdie uitdagende toestand te kampe het.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.



