Local news

Polisie trek Carolina-bokdiewe vas

Twee vermeende bokdiewe is in hegtenis geneem en die saak word tans deur die Carolina Veediefstaleenheid ondersoek.

’n Boer van die Carolina omgewing het op 12 Augustus vermoed dat daar sowat 11 bokke van sy plaas af gesteel is, hy het Vossies Sekuriteit en die Carolina-polisie ontbied.

Binne ’n uur het sers. Andries Brink en Vossies ’n verdagte motorvoertuig naby die plaas gewaar.

Die bestuurder daarvan het die polisie en Vossies aanvanklik ontduik, maar ná verskeie pogings om hom in te haal, het hulle die diewe op die R36 na Breyten gevang.

Vossies het op 11 bokke, wat in die kattebak ingeprop was, afgekom.

Twee verdagtes is in hegtenis geneem en die saak word tans deur die Carolina Veediefstaleenheid ondersoek.

Geen kommentaar is nog teen die ter perse gaan van die Veediefstal- en bedreigdespesieseenheid ontvang nie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button