Local news

Ermelo in die greep van rioolprobleme te midde van opgraderings

Riool-stank by die Petdam gebied los inwoners naar en skepties oor water-kwaliteit.

Hoëvelder het onlangs berig oor Ermelo inwoners wat tans die ondraaglike stank van die Petdam moet verdra, weens riool wat in die dam inloop.

Terwyl die munisipaliteit besig is om die rioolstelsel op te gradeer, blyk dit dat inwoners skepties is oor die sukses van hierdie pogings.

Klagtes van stank en ongerief het kop uitgesteek, en sommige inwoners het hul ontevredenheid duidelik laat hoor.

KYK HIER: Video waar riool-water in ’n stroom oorloop in Khutulapark.

Riool in die spruit in Khutulapark. Foto | Wayne van der Walt

Hennie Bekker van AfriForum het die afgelope naweek ’n besoek aan Ermelo afgelê om die stand van die drinkwater te toets. Hy het die status van die huidige rioolstelsel aangehaal en die afwesigheid van enige uitvloei by die rioolaanleg aangedui.

Bekker het verder beklemtoon dat die huidige rioolsisteem ’n bron van ernstige kommer is. Gesprekke met petroljoggies by ’n vulstasie waar die munisipaliteit besig is met die opgradering, het ’n interessante insig verskaf. Een van die joggies het daarop aangedui dat ’n pyp tydens die opgraderingsproses gebars het, en die munisipaliteit skynbaar die pyp met grond gevul het om die lek te stop.

Mandla Zwane, die munisipaliteit se woordvoerder, het op hierdie aantygings gereageer en gesê dat hy nie bewus is van sulke voorvalle nie, maar dat hy die saak sal ondersoek. Hy het wel gemeld dat die proses van die rioolpyplyn se opgradering reeds 98% voltooi is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button