Local news
EHS-landbouleerders leer om kalwers vas te vat
Die boer het die leerders geleer om kalwers te onthoring.
Hoërskool Ermelo se gr. 10-landbouleerders het op 31 Augustus vir praktiese ondervinding na Gerrie Jansen van Rensburg se plaas vertrek.
Van Rensburg het hulle gewys hoe om ’n kalfie vas te vat. Die leerders het die geleentheid gekry om die kalwers self te onthoring.

Hy het verduidelik dat daar twee maniere is om die onthoringsproses aan te pak; met ’n spesiale salf, of om dit met ’n gasbrander te verwyder. Hy self verkies die brandmetode, wat hy daar gedemonstreer het.
Die skool het die boer vir hierdie aangeleentheid bedank.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



