Local news

Ermelo-Samaritaan hekel beertjies vir vertroosting

Maxine Blignaut van Uitenhage, se lewe is 'n klein bietjie opgehelder met Van der Ryst se pragtige handewerk.

‘n Plaaslike man het die onderdrukking van swaarkry gesien as die geleentheid om troosting vir ander in nood te skep.

André van der Ryst hekel beertjies om die pot aan die kook te hou. Hy het in Februarie vanjaar geleer hoe om te hekel, omdat hy sy verloofde graag vir Valentynsdag wou bederf, maar nie ‘n duur geskenk kon bekostig nie.

Hy het besluit om eerder iets self te probeer maak, en het YouTube gaan raadpleeg oor hoe om te hekel. Met die eerste probeerslag was hy suksesvol en kon hy sy verloofde verras met iets wat van die hart af kom.

Minkie die trooshaas.

Vriende het oor die beertjie begin praat, en van daar af het Van der Ryst vir bestellings begin hekel.

Hy gebruik ‘n basiese patroon as ‘n riglyn wanneer hy hekel, maar pas elke keer aan volgens die karaktertjies wat hy wil maak. Soms ontwerp hy heeltemal vanself ‘n beertjie.

“Elke beertjie wat ek maak is uniek en eiesoortig,” sê Van der Ryst.

Die beertjies vat hom tussen twee en drie dae om te voltooi, afhangende van die grootte. Volgens hom is ogies ‘n groot uitdaging om in verskillende kleure en vorms in die hande te kry, maar hy sê hy hou van uitdagings.

Gedurende September het Van der Ryst ‘n boodskap ontvang van ‘n vrou wat graag ‘n beertjie wou hê vir ‘n dogtertjie van die Oos-Kaap wat met kanker gediagnoseer is. Dadelik het hy besef dat hy sy nis ontdek het.

Maxine Blignaut slaap met haar troosbeertjie. Foto | Verskaf

“Ek wou nog altyd iets vir kinders doen, ek het net nie geweet wat nie,” sê hy. Hy het ‘n beertjie gehekel en dit gratis aan die dogtertjie gekourier.

Maxine Blignaut, ‘n gr. 3-leerder van Laerskool Handhaaf op Uitenhage, se lewe is ‘n klein bietjie opgehelder met Van der Ryst se pragtige handewerk.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button