Local news

Rioolprobleme in Ermelo duur onverpoosd voort

Die inwoners het hul misnoeë oor die munisipaliteit se hantering van rioolprobleme op 'n munisipale Telegram-groep te kenne gegee.

ERMELO – Die gemeenskap gaan reeds vir ‘n geruime tyd onder die stank en ernstige besoedeling weens rioolprobleme gebuk, en daar is min aanduiding dat daar gou enige verligting gaan kom.

Hoëvelder het deur die dorp gery en verskeie gebiede besoek waar inwoners aangedui het dat mangate oorloop, insluitend Roberts-, Van Zyl-, John Vorster-, De Bruin- en Generaal Bothastraat.

Riool vloei straataf in Petstraat. Foto | Wayne van der Walt

Die inwoners het hul misnoeë oor die munisipaliteit se hantering van rioolprobleme op ‘n munisipale Telegram-groep te kenne gegee.

Loekie Botha het in Desember reeds al video’s gedeel oor hierdie mangat in Petstraat wat oorloop. Foto | Wayne van der Walt

Heelwat klagtes word daarop aangemeld, maar ten spyte van verskeie rolspelers op die groep se beste pogings om die kwessies aan die munisipaliteit oor te dra, bly die dorp se infrastruktuur ‘n bron van kommer.

Ten spyte van Hoëvelder se pogings om antwoorde van die munisipale woordvoerder, Mandla Zwane, te verkry, is daar tot op 8 Januarie nog geen reaksie ontvang nie.

Die mangat in Robertsstraat loop volgens Jack van Lelyveld al vir bykans drie weke oor. Foto | Wayne van der Walt

Die inwoners se uitdagings en probleme met riool duur dus voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button