Local news

59-jarige deur gewapende mans in Ermelo-Oos beroof

Die verdagtes het die man vasgebind en sy woonstel deursoek vir geld.

Vier gewapende mans het op 17 Januarie in ’n 27-jarige vrou se woonstel ingebreek. Die vrou het wakker geword en begin skreeu.

Volgens Kaptein Carla Prinsloo, woordvoerder vir die Ermelo polisie, het die mans vir die vrou gesê om nie te skreeu nie, siende hulle nie van plan was om haar iets aan te doen nie.

Volgens die verklaring, wou die mans by haar uitvind oor ’n 59-jarige man en in watter woonstel hy woon.

Sy moes sy woonstel aan hulle uitwys en is daarna vasgebind terwyl een van die vier verdagtes saam met haar agtergebly het.

Die drie ander verdagtes is na die man se woonstel toe.

Hulle het by hom aangedring op kontant, waarop hy geantwoord het, dat hy geensins geld aan hom het nie.

Die man was deur die drie mans vasgebind en die woonstel is deur hulle deursoek, waar hulle beweerdelik kontant gesteel het wat hulle in die woonstel en in ’n kluis gevind het.

Die 27-jarige vrou se selfoon en laptop is ook na bewering gesteel, sy het nadat die vier mans gevlug het, daarin geslaag om uit haar woonstel te kom en hulp te ontbied.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button