Local news

{OPVOLG} – Departement weerlê bewerings oor Ermelo-hospitaal

Elizma se antwoord op die department se kort kommentaar is dat hulle eerder die prokureurs wat op hierdie saak werk sal moet kontak.

ERMELO – Die Departement van Gesondheid van Mpumalanga het uiteindelik die stilte gebreek te midde van die onlangse en weeklikse berigewing oor bewerings van substandaard bedrywighede by die Ermelo provinsiale hospitaal.

Elizma Visser, ‘n inwoner en enkelma van Pretoria, het verlede Desember ‘n ontstellende oproep ontvang oor haar 19-jarige seun, Rynard de Waal Silver, wat aanvanklik as vermis aangemeld is na ‘n motorfietsongeluk op die dorp.

Rynard de Waal Silver in Ermelo Hospitaal voor die amputasie. Foto | Verskaf/Elizma Visser

Verdwyning na ongeluk

Silver was op 7 Desember in ‘n motorfietsongeluk in Kerkstraat betrokke. Sy werkgewer was genoop om Silver se pa en ouer broer te skakel vir inligting toe hy nie vir werk opgedaag het nie.

Die hospitaalpersoneel het glo aanvanklik ontken dat enige jong man in die afgelope twee dae opgeneem is.

Paniekbevange dat sy jongerbroer iewers beseer lê, het Rynard se ouboet ‘n soektog begin by die polisiestasie en later by die Ermelo Provinsiale Hospitaal.

Later dieselfde middag, na volgehoue navrae, het hulle bevestig dat Silver wel in die hospitaal was.

Elizma het daarheen gehaas en gesê dat daar gebruikte naalde op die grond rondgelê het, en dat Silver se kateter tot oorlopens toe vol was.

Rynard de Waal Silver (19) voor sy motorfietsongeluk. Foto | Verskaf

Nagmerrie ontvou in die hospitaal

Silver is gediagnoseer met ‘n oop fraktuur aan sy linkermaermerrie.

Elizma vertel van die aangrypende ervaring waar haar seun ses dae lank moes wag vir ‘n operasie weens ‘n foutiewe lugversorgingstelsel in die teater, wat daartoe gelei het dat die operasie nie dadelik uitgevoer kon word nie.

Infeksie het gevolg, wat uiteindelik gelei het tot die hartseer besluit om sy been te amputeer.

LEES OOK: {GRAFIESE FOTO’S} – Baie vrae na jong man (19) se beenamputasie in Ermelo hospitaal

Departement en hospitaalbeamptes antwoord op navrae

Die afgelope drie weke is daar gepoog om kommentaar van die owerhede te verkry. Die hoof-uitvoerende beampte van die hospitaal, Jantjie Apane, het gesê hy werk nie meer daar nie. Die woordvoerder van die Mpumalanga Departement van Gesondheid, Dumisani Malamule, is ook herhaaldelik gekontak, maar daar was geen terugvoering nie.

Malamule het uiteindelik die koerant na Chris Nobela verwys. Nobela se kommentaar oor die bewerings van ‘n buitewerking verkoelingsisteem is kortliks:

“Die bewerings dat lugversorgers nie werk nie, is ongegrond. ‘n Ondersoek na die redes vir die amputasies is aan die gang, en die resultate sal aan die gesin bekend gemaak word.”

Versoeke vir ‘n volle verklaring dat die bewerings ongegrond is, het Nobela nog nie teen die ter perse beantwoord nie.

Ouer nie tevrede met terugboer nie

Elizma se antwoord op die department se kort kommentaar is dat hulle eerder die prokureurs wat op hierdie saak werk sal moet kontak.

Tydens ‘n onlangse onderhoud met Elizma het sy gesê dat dit wel beter met Silver gaan, maar dat dit tog nog moeilik is vir beide van hulle.

Sy sê dat sy mense aanraai om hulle ervarings by die hospitaal te deel sodat die waarheid ontbloot kan word.

Rynard de Waal Silver en sy ma, Elizma Visser. Foto | Verskaf

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button