{OPVOLG} – Vragmotorbestuurder boet vir ontwrigting in Ermelo
’n Vragmotor het onlangs sy vrag in Generaal Bothastraat, langs Laerskool JJ van der Merwe, verloor toe een van sy vragbakke omgekantel het.
ERMELO – Na aanleiding van verlede week se verkeersontwrigting op die dorp, toe ’n vragmotor sy vrag op die sypaadjie langs Laerskool JJ van der Merwe verloor het, het die munisipaliteit aksie geneem om die voorval en die breër kwessie van vragmotors wat munisipale regulasies oortree, aan te spreek.
’n Vragmotor het op 22 Januarie sy vrag in Generaal Bothastraat, langs Laerskool JJ van der Merwe, verloor toe een van sy vragbakke omgekantel het.
Die vragmotor het die een baan heeltemal versper, en ’n ander een gedeeltelik. Die verkeersbeamptes was op die toneel om die verkeer te reguleer.
Die elektriese infrastruktuur was ook in die proses beskadig. ’n Kragpaal en drade het bo-op die skool se heining om die B-veld geval. Ander elektriese kabels het vanaf ander kragpale op die sypaadjie gehang, wat ’n veiligheidsrisiko vir voetgangers ingehou het.

Van Wettens se insleepdienste was spoedig op die toneel om die vragmotor te verwyder en munisipale werkers het ook gereed gestaan om die krag te herstel en na die infrastruktuur om
te sien.
Die jongste inligting wat deur die munisipaliteit verskaf is, dui daarop aan dat die bestuurder wel ’n boete opgelê is.
Die woordvoerder van die Msukaligwa Plaaslike Owerheid, Mandla Zwane, het die publiek verseker dat pogings aangewend word om monitering in hierdie areas te verbeter.
Lees in volgende week se Hoëvelder die volledige berig.



