Morgenzon-inwoners keelvol vir vragmotorbestuurders se wetteloosheid
Corné van Dijk, sê dat die volume vragmotors wat daagliks deur die dorp ry, te veel is vir die infrastruktuur van Morgenzon.

MORGENZON – Na die onlangse koerantberig oor ‘n gesin wat glo deur ‘n vragmotorbestuurder met ‘n klip aangeval is, het Hoëvelder nog inligting ontvang van mense wat hul kommer oor die vragmotors gelug het.
Gedurende die voorval het die bestuurder twee gesinslede glo met klippe bestook nadat hulle hom gekonfronteer het oor sy vragmotor wat hy voor hul ingangshek geparkeer het.
Die inwoner, Leandro Strydom, sê dat vragmotors gedurig hierdie ingangshek blokkeer en dat hulle die probleem al verskeie kere aangemeld het.

LEES OOK: Vragmotorbestuurder bestook gesin van Morgenzon glo met klippe
Een van die inwoners sê dat een van die grootste probleme die kosstalletjies langs die pad is.
Die vragmotorbestuurders hou daar stil om kos te koop en ry só die sypaadjies stukkend.

‘n Inwoner en sake-eienaar op die dorp, Corné van Dijk, sê dat die volume vragmotors wat daagliks deur die dorp ry, te veel is vir die infrastruktuur van Morgenzon.
Hy sê dat hulle al hoe meer vragmotors met swaar vragte op die dorp gewaar wat skade aan die paaie aanrig, en niemand wil daarvoor pa staan nie.
Lees die volledige berig in Hoëvelder.