Local news

Ermeloër vier 99ste verjaardag

Volgens Rautenbach het tannie Marie 'n pragtige aalwyntuin gehad en was dit altyd vol kleur in die winter.

ERMELO – Tannie Marie de Villiers het onlangs haar 99ste verjaardag gevier.

Sy is al die afgelope sewe jaar ‘n inwoner van die Alzheimers-eenheid van die SAVF Huis Ermelo en het dié besondere verjaardag hier saam met familie, ander inwoners en die personeel gevier.

Volgens ‘n familielid van haar, Elsa Rautenbach, het haar man haar soos ‘n Dresden-poppie hanteer, maar haar hande het nooit vir enigiets verkeerd gestaan nie.

“Sy was ‘n kranige tuinier en het vir baie jare baie hard vir die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie gewerk om arm Suid-Afrikaners weer ‘n regverdige plek in die skole en lewe te gee,” het sy gesê.

Tannie Marie de Villiers. Foto | Verskaf/Elsa Rautenbach

De Villiers was ‘n boervrou deur en deur. Sy het op die plaas Klipfontein buite Breyten saam met haar man, Johannes, seun, Hendrik, en dogter, Thea, gewoon en geboer, en is na die afsterwe van haar man ouetehuis toe.

Volgens Rautenbach het tannie Marie ‘n pragtige aalwyntuin gehad en was dit altyd vol kleur in die winter.

“Sy is nog taamlik gesond en mobiel en trek nog self aan,” het Rautenbach afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button