Local news

Kop-aan-kop-botsing op Lothair-pad eis vier lewens

Die ongeluk het vier lewens geëis.

ERMELO – Die polisie ondersoek ’n saak van strafbare manslag na aanleiding van ’n ongeluk wat om 19:30 op 6 Junie op die Lothair-pad plaasgevind het.

Volgens kapt. Carla Prinsloo, die Ermelo-polisiewoordvoerder, was ’n silwer Toyota Avanza en ’n groen Volkswagen Golf in die botsing betrokke.

Die bestuurder en een passasier van die Avanza asook die bestuurder en ’n passasier van die Golf was in hul onderskeie voertuie vasgekeer.

Een van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was. Foto | Verskaf/Insleepdienste

Hulle is op die toneel dood verklaar.

Prinsloo sê dat daar nog passasiers beserings opgedoen het; drie ernstig en vyf ander ligtelik. Hulle is na die Ermelo Provinsiale Hospitaal vervoer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button