Local news

Ligbron Akademie vir Tegnologie het blikke vol liefde

Tussen die honderde blikkieskos was daar ook bederfblikkies met ingelegte vrugte en iets soet om die ontvangers mee te bederf.

ERMELO – Vir die afgelope vyf jaar samel Ligbron Akademie vir Tegnologie elke jaar produkte in om ander in die gemeenskap te help as deel van sy ‘Have a heart’-maand.

Vanjaar het Saretha Ferns voorgestel dat hulle die projek anders benader en die ligtoring gebruik wat vir die skool se jaarlikse tema, ‘Time to shine’, gebou is.

Haar idee was om ’n ligtoring met blikkieskos te bou.

Kort nadat die skool dié projek geloods het, het die leerders se ondersteuning Ferns se grootste verwagtinge oortref.

’n Aantal van 788 blikkies het eindelik die Ligbron ‘Have a Heart’-toring voltooi. Foto | René Joubert

Tussen die honderde blikkieskos was daar ook bederfblikkies met ingelegte vrugte en iets soet om die ontvangers mee te bederf.

Bambonani Kleuterskool, CMR Lighthouse en Mooihawens is die begunstigdes van vanjaar se blikkieskosprojek.

Lees die volledige berig in Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button