Kenners deel insigte by NWKV-vergadering op Ermelo
"Toekoms vir vleis en vesel" - die sentrale tema toe Nasionale Wolkwekersvereniging en Rooivleisprodusente-organisasie onlangs in Ermelo.

ERMELO – ‘n Gesamentlike jaarvergadering van die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) het op 12 Maart op die dorp plaasgevind.
Die opkoms van die boere, en veral die positiewe bydraes van jongboere het tot die sukses van die geleentheid bygedra.
Die tema vir die dag was ‘Toekoms vir vleis en vesel’, en die hoofspreker was
dr. Hannes Dreyer.
Hy is tans die besturende direkteur van Veldbul/Ram Suidelike Afrika, en is aktief by verskeie veldbul- en veldramtoetse regoor Suid-Afrika, Namibië en selfs Paraguay betrokke.

Sy insiggewende boodskap het by baie boere aanklank gevind en tot herbesinning oor hulle diere gelei.
Dreyer het die klem op die belangrikheid van die benutting van veld en weiding gelê, en die teling van diere wat onder plaaslike omstandighede kan floreer en reproduseer.
Volgens hom is dit in die huidige ekonomiese klimaat noodsaaklik om voerinkope tot ‘n minimum te beperk en die hulpbronne wat reeds op die plaas beskikbaar is, optimaal te benut.
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.



