Local news

Internasionale erkende sterkman kom deel ‘kragtige’ getuienis in Ermelo

Ná ’n loopbaan wat hom tot op die wêreldverhoog geneem het, gebruik Johan sy platform om ander aan te moedig en te versterk in hul geestelike pad.

Die gemeenskap van Ermelo kry op Sondag, 13 April ’n uitsonderlike geleentheid om nie net die krag van die liggaam nie, maar ook die krag van geloof te ondervind.

Johan Els, ’n internasionaal erkende sterkman en tweemalige wenner van die titel Africa’s Strongest Man, besoek die Volle Evangelie Kerk te Ermelo, geleë by 60 Brummerstraat, om sy inspirerende geloofsreis met die publiek te deel.

Johan, oorspronklik van Christiana in die Noordwes-provinsie, is nie net bekend vir sy fisieke prestasies nie, maar ook vir sy nederige gees en onwrikbare geloof.

Ná ’n loopbaan wat hom tot op die wêreldverhoog geneem het – onder meer drie verskynings by die World’s Strongest Man-kompetisie, met ’n hoogtepunt van ’n sesde plek wêreldwyd in 2018 in Manila, Filippyne – gebruik Johan sy platform om ander aan te moedig en te versterk in hul geestelike pad.

Alle lede van die publiek is welkom.

Moenie hierdie kragtige en lewensveranderende geleentheid misloop nie!

Datum: Sondag, 13 April
Tyd: 10:00
Plek: Volle Evangelie Kerk, 60 Brummerstraat, Ermelo
Toegang: Gratis

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button