Local news

Geliefde oudonderwyser van Ermelo oorlede

Alice Putter (84), sou later vandeesmaand haar 85ste verjaardag gevier het.

ERMELO – Die nuus van die afsterwe van die geliefde oudonderwyser, Alice Putter (84), vroeër vandag, 8 April, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Putter, wie bekend was vir haar toewyding en passie vir onderwys sou later vandeesmaand op 19 April haar 85ste verjaarsdag gevier het.

Volgens ’n familielid was sy sowat 42 jaar in die onderwys betrokke en het as Departementshoof van die Grondslagfase by Laerskool JJ van der Merwe, afgetree.

Alice Putter. Foto | Verskaf

Sy het in 2014 na Pretoria verhuis en was vanaf September 2019 ’n inwoner van die Vergelegen Aftreeoord in Pretoria.

Sy laat haar broer en suster se kinders Wessel de Wet, Chris de Wet, Louise de Wet, Hennie de Wet, Estee Roets, Chris Roets en Louw Roets wie soos haar eie kinders was, agter.

’n Teraardebestelling sal Saterdag 12 April in Ermelo plaasvind.

Om die diens te kyk, volg die skakel https://youtube.com/live/LCJT9Wup-8w?feature=share

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button