Ermelo robyntak-vroue vergader in rooi
Die Vrouelandbou-unie (VLU) Robyntak se vergadering was 'n kleurvolle affêre rooi-geklede dames en heerlike smullekker.
ERMELO – Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Robyntak het op 7 Februarie ‘n kleurvolle en gesellige vergadering gehou.
Die tema van die dag was ‘robyn in rooi’ en die vroue het vrolik in hul rooi uitrustings gepryk.
Die vergadering het begin met ‘n heerlike teetyd, en Rita Bosman, Lindie Krige en Alta de Witt het die vroue met ‘n verskeidenheid smullekker eetgoed en kondensmelkkoffie bederf.
Carol Mouton het terugvoer oor die 2024-artikels gegee.
Lenie Groenewald het ‘n kreatiewe werksklas in oumablokkies aangebied, en die vroue het met groot entoesiasme deelgeneem.

Daar was ook ‘n emosionele oomblik toe Helena de Lange na ses jaar as sekretaresse uitgetree het.
Susan van Wyk het haar vir haar getroue diens bedank en ‘n geskenk aan haar oorhandig.
Die Robyntak het twee nuwe lede, Sharelda van Niekerk en Marianna van Rensburg, verwelkom.
Yolanda Nieuwenhuis is as die nuwe sekretaresse verkies, en Lenie Groenewald is as visevoorsitter herverkies.



