Local news

Vrouelandbou-unie se Robyntak vergader

Die vrouelandbou-unie se Robyntak het 'n nuwe kreatiewe uitdaging aangegryp tydens hulle onlangse vergadering.

ERMELO – Die maandelikse vergadering van die Vrouelandbou-unie se Robyntak op 8 April was ’n oggend propvol smaaklike kos en kreatiewe aktiwiteite.

Die gasvrou, Sharelda van Niekerk, het die vroue hartlik verwelkom.

Susan van Wyk, die voorsitter, het haar, asook Marianna van Rensburg en Marina Thoresson vir hulle harde werk en die moeite bedank om vir die groep ’n smaaklike middagete voor te berei.

Die middag het verder ontvou met ’n interessante en uitdagende papierkrulwerk-werksklas, wat deur Carol Mouton en Van Wyk aangebied is.

Die vroue van die VLU Robyntak. Foto | Verskaf/VLU

“Papierkrulwerk behels die gebruik van stroke papier wat gerol, gekrul, gedraai en andersins gemanipuleer word om verskillende vorms te skep, wat saamgeplak word om dekoratiewe ontwerpe te skep.”

Die vroue het hul kreatiwiteit vrye teuels gegee.

Dié nuwe tegniek het ’n vars en opwindende uitdaging aan die vroue gebied.

Maureen Kotze en Marianna van Rensburg is ook tydens die vergadering met hul verjaardae gelukgewens.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button