Local news

Ermelo Outreach Charity loods winterprojek vir behoeftiges

Die doel van die uitreik was om soveel mense in nood as moontlik van gebreide of gehekelde items en warm komberse te voorsien.

ERMELO – Met die winter wat vinnig nader kruip, het Ermelo Outreach onlangs hul winterprojek van stapel gestuur om behoeftiges in die gemeenskap by te staan.

Hulle beoog om soveel moontlik mense wat dit nodig het, van gebreide of gehekelde items en warm komberse te voorsien.

Vir die projek samel hulle enige warm winterbenodigdhede wat gebrei of gehekel is, in.

Dit sluit in serpe, handskoene, mussies en natuurlik, warm komberse om die winter se koue af te weer.

Ermelo Outreach rig ’n beroep op die gemeenskap om hierby betrokke te raak.

Hulle moedig individue aan wat kan brei en hekel om hul talente in te span en ’n bydrae te maak.

Natasha Boonstra, ’n lid van Ermelo Outreach Charity, het gesê dat selfs van die vroue by die SAVF-tehuis reeds by hierdie projek aangesluit het.

“Enige donasie, groot of klein, sal help om ons doel te bereik, om warmte aan diegene wat dit hierdie winter die nodigste, te bied. Dit sluit in persone wat op straat leef, asook gesinne in nood wat reeds deur die organisasie bygestaan word,” het Boonstra gesê.

Die afsnytyd vir die bydraes is 16 Junie.

“Elke warm item en elke kombers sal ’n ligpunt in iemand se donkerste tyd wees. Kontak die Ermelo Outreach-span vandag nog om uit te vind hoe jy kan help om warmte te versprei.”

Die spanlede is Natasha Boonstra by 074 735 7565, Chantal Boonstra by 072 460 1654, Chantè Olivier by 079 192 4194, Danelle Magro by 082 653 3882, Marelize Britz Kirk by 076 489 7895, Arno Vorster by 064 904 7613, Carina Putter by 072 513 9120 of Marie Stoop by 076 384 7841.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button