Local news

Geel vir Roané: Gebede vir MRI – Mamma spreek lewe oor haar brein

Inwoners wat vandag hul solidariteit in geel wys, word gevra om hul foto’s met ons te deel.

Die Ermelo-gemeenskap staan vandag, 10 Desember, in ’n onwrikbare eenheid en dra geel om te bid vir die vierjarige Roané Griffin.

Sy veg steeds vir haar herstel in die gespesialiseerde pediatriese trauma-eenheid by Netcare Alberton.

Geel is gekies as ‘n simbool van hoop en die oortuiging dat God Roané se vreugde ten volle sal herstel.

Hierdie dag van gebed is veral krities, aangesien dokters vandag die MRI-skandering doen om die volle omvang van die skade te bepaal.

Ten spyte hiervan, is die familie vol geloof en hoop, en glo dat geen wonderwerk by God onmoontlik is nie.

Die personeel van Laerskool Ermelo dra geel ter ondersteuning van Roané.

Roané se ma, Douwlene, het gesê: “Sy is so lief vir speel, lag, hardloop en sing. Ons smeek en spreek lewe oor haar brein.”

Inwoners wat vandag hul solidariteit in geel wys, word gevra om hul foto’s met ons te deel sodat ons die gemeenskap se kragtige steun aanlyn kan publiseer.

Die laaste geleentheid vir inwoners om saam te bid, is vanmiddag:

  • Middag: 13:15 by NG Ermelo Moedergemeente, Joubertstraat.

    Elmarie en Elliana Els in geel vir Roané.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button