Local news

Fotoklub kondig Desember-wenners aan

Die vasgestelde onderwerp was 'Pairs', en die lede het uit hulle pad gegaan om pragtige en kreatiewe foto's daarvoor in te skryf.

ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het onlangs sy Desember-wenners aangekondig en die jaar met pragtige foto’s afgesluit.

Johan Frost van Midlens Fotoklub het die lede se inskrywings beoordeel.

Die vasgestelde onderwerp was ‘Pairs’, en die lede het uit hulle pad gegaan om pragtige en kreatiewe foto’s daarvoor in te skryf.

Bianca Breytenbach se ‘Leather and Lace’ het die juniorafdeling gewen, en Jan van Niekerk se ‘Twee in vlug’ die seniorafdeling.

In die opeafdeling was Marietjie Cronje se ‘Hippo Yawn’, die beste in die 1-sterafdeling.

Die wenner van die 2-sterafdeling was Kayla Eksteen met ‘Hoverfly’.

Dié foto was ook die algehele wenner van die juniorafdeling.

Bianca Breytenbach se ‘One of the classics’ het in die 3-sterafdeling met die louere weggestap.

In die 4-sterafdeling het Tina de Villiers se ‘VW Panning’ gewen, en Rosa van Schalkwyk se ‘Cheetah on a mission’ was die beste in die 5-sterafdeling.

Dié foto is ook as die algehele seniorwenner aangewys.

Die Ermelo Fotoklub bied maandeliks die geleentheid vir fotograwe om hul vermoëns te slyp.

Indien jy wil aansluit, stuur ‘n e-pos na ermelofotoklub18@gmail.com.

Dié klub beplan om die eerste byeenkoms vir 2026 op 16 Januarie te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button