Sprokiesafsluiting vir VLU Tambuki-streek
Die vroue het die geleentheid benut om vir oulaas lekker saam te kuier, te klets en mekaar aan te moedig om die halfgemaakte artikels te voltooi.
ERMELO – Die Vrouelandbou-unie (VLU) se Tambuki-streek het onlangs hul jaar op ’n vrolike noot geïndig met ’n tema wat direk uit ’n sprokiesverhaal kom.
Ten spyte van die kort kennisgewing, het die lede hulself oortref deur in kreatiewe en skitterende uitrustings te pryk.
Die afsluitingsfunksie is deur die VLU Platrandtak en VLU Volksrusttak aangebied, wie vir ’n smaaklike middagete van lasagne en slaai gesorg het.

Tydens die byeenkoms is alle punte op die agenda bespreek en afgehandel, terwyl belangrike inligting oor die planne vir 2026 met die lede gedeel is.
Die streeksvoorsitter, Carien Schabort, het ’n spesiale bydrae gelewer deur aan elke tak ’n omvattende lêer te oorhandig, wat alle nodige vorms, reëls en riglyne om hul taak in die nuwe jaar te vergemaklik, bevat.

Die sprokiestema het vir ’n feestelike stemming gesorg, met verskeie speletjies wat gespeel is.
Die prys vir die bes geklede karakter is deur Maria Geldenhuys van die VLU Wakkerstroom-tak gewen.
Die vroue het die geleentheid benut om vir oulaas lekker saam te kuier, te klets en mekaar aan te moedig om die halfgemaakte artikels te voltooi.



