Waar in Ermelo kan mense na Kersliggies gaan kyk?
Geniet die Kersfeesfees by Ermelo se CMR-liggiefees tot 24 Desember en ontdek versierde huise regoor die dorp.
Dit is Kersfeesfees en liggietyd, en baie Ermelo-inwoners wil graag die mooiste verligte huise gaan bewonder.
Onder andere kan inwoners tans by die CMR-kinder- en jeugsorgsentrum se jaarlikse liggiefees te besoek.
Dit sal tot 24 Desember op die hoek van Pet- en Robertsonstraat vir inwoners oop wees.
Die fees is ‘n perfekte uitstappie vir die hele gesin om die Kersgees te ervaar.

Toegang beloop slegs R30 per persoon, en die hekke bly saans oop tot 8:30.
Deur die fees te ondersteun, lewer die inwoners ‘n waardevolle bydrae tot die sentrum se werk.
As jou huis ook pragtig versier is met Kersliggies en jy wil hê dat mense dit kan sien, stuur vir ons ’n WhatsApp by 076 474 9264 met die adres, foto’s en ’n video, en ons sal dit graag op ons webtuiste uitstal.



