Local news
Feesgangers geniet Holland Geloftefees
Na die amptelike verrigtinge het die bywoners heerlik saam geëet en gekuier, terwyl die boere- en perdesport vir vermaak gesorg het.

ERMELO – Inwoners van Ermelo en omliggende gebiede het op 16 Desember die Geloftefees op die Holland Geloftefeesterrein langs die Amersfoort-pad terdeë geniet.
Die verrigtinge is met ‘n perdeoptog en ‘n vlaghysingseremonie afgeskop.
Tinus de Jager het die feesrede behartig en Ds. Martin Coetzer het vir die erediens gelei.
Na die amptelike verrigtinge het die bywoners heerlik saam geëet en gekuier, terwyl die boere- en perdesport vir vermaak gesorg het.
“Eerstens sê ons dankie aan God en sal probeer om die Geloftefees elke jaar te herdenk,” het die feeskomitee gesê, en het ook al die bywoners bedank wat die dag saam met hulle spandeer het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



