Local news

Hengelklub vier suksesvolle 2025-seisoen

Tydens die laaste kompetisie van die jaar het Pieter Mostert met 'n reuse karp van 8,54 kg gewen.

‘n Opwindende en suksesvolle hengeljaar vir die Basa Sosiale Hengelklub het onlangs tot ‘n einde gekom, met die klub wat reeds groot planne vir die nuwe jaar beraam.

Die jaar 2025 sal onthou word vir die goeie gees, strawwe kompetisie en die talle vriendskappe wat langs die viswaters gesmee is.

Groot opgewondenheid het geheers toe die finale puntestand bekend gemaak is, met Jaco Oosthuizen wat as die 2025-klubkampioen met die louere weggestap het.

Tydens die laaste kompetisie van die jaar het Pieter Mostert met ‘n reuse karp van 8,54 kg gewen.

Charles Wahlstrand het die tweede plek met ‘n karp van 6,87 kg behaal, gevolg deur Pieter Vorster in die derde plek met ‘n vangs van 3,95 kg.

Die Basa Sosiale Hengelklub nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit en tyd saam met familie en vriende langs die viswaters deur te bring.

“Dit is ‘n sosiale klub, en ons wil hengel graag weer terugbring deur families en vriendegroepe te betrek,” sê klubvoorsitter Jaco Oosthuizen.

Die klub bied maandeliks kompetisies by verskeie damme in die omgewing aan.

Hengelaars se vangste word geweeg en punte word opgebou, waarna ‘n klubkampioen aan die einde van die jaar aangewys word.

Kontak Jaco Oosthuizen by 082 336 6937 of besoek die klub se Facebook-bladsy vir meer besonderhede oor opkomende geleenthede.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button