Local news

Kommer in Ermelo-buurt oor windbuks-skietery

’n Beseerde voël en dooie duiwe in ’n erf bring die gevare en regsimplikasies van windbuksgebruik in dorpe onder die soeklig

ERMELO – ’n Inwoner van die dorp, in die omgewing van Jansen- en Borderstraat, het haar bekommernis uitgespreek oor ’n persoon wat glo gereeld voëls met ’n windbuks in die woonbuurt skiet.

Volgens die ontstelde vrou hou die voorvalle nie net ’n bedreiging vir plaaslike voëllewe in nie, maar wek dit ook ernstige kommer oor die veiligheid van kinders in die gebied.

“My kinders het buite gespeel toe ons ’n slag gehoor het. Hulle het dadelik die huis binnegehardloop omdat hulle bang was,” vertel sy.

Sy het verduidelik dat die gesin aanvanklik verskeie dooie duiwe wat in hul erf gevind is, toegeskryf het aan hul honde wat moontlik die voëls gevang het.

Met verdere ondersoek het dit egter vreemd voorgekom dat daar geen vere of bloed sigbaar was nie.

Een van die voëls wat deur ’n gesin in hul erf opgetel is nadat dit glo met ’n windbuks geskiet is
Een van die voëls wat die gesin in hul erf opgetel het. Foto: Verskaf

Dit was eers toe hulle na bytmerke begin soek het, dat ’n skietwond op een van die voëls ontdek is.

Volgens haar het hulle ook later is ’n Indiese myna met ’n skietwond in hul erf gevind, en die voël was in daardie stadium nog lewendig.

“Ons het die voël, waarvan die vlerk beseer was, opgetel en probeer versorg sodat ons hom weer kon vrylaat,” sê sy.

Haar kinders het geheg geraak aan die voëltjie, maar dit het later gevrek.

Die inwoner waarsku dat die situasie onaanvaarbaar is en dat die gevolge ernstig kan wees indien ’n dwaalkoeël iemand sou tref.

Hoëvelder het met Suné Pieters, ‘n professionele jag- en vuurwapeninstrukteur van Izingonyama Safaris & Training hieroor gesels.

Lees hieroor in die volgende uitgawe van die Hoëvelder.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button