SC000248
LOGO SFPT3001
KENNISGEWING INGEVOLGE ARTIKEL 39 VAN DIE ELIAS MOTSOALEDI PLAASLIKE MUNISIPALITEIT SE GRONDGEBRUIKSKEMA, 2022, VIR `N AANSOEK OM SPESIALE TOESTEMMING BY DIE ELIAS MOTSOALEDI PLAASLIKE MUNISIPALITEIT INGEVOLGE DIE BEPALINGS VAN ARTIKEL 74 VAN DIE ELIAS MOTSOALEDI MUNISIPALITEIT SE VERORDENING OP RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKBESTUUR, 2016, GELEES TESAME MET KLOUSULE 40 VAN DIE ELIAS MOTSOALEDI GRONDGEBRUIK- SKEMA, 2022, TEN EINDE
TOESTEMMINGSGOEDKEURING TE VERKRY VIR DIE REGULARISERING VAN DIE BESTAANDE SELLULRE TELEFOONMAS EN BASISSTASIE OP `N GEDEELTE VAN GEDEELTE 2 VAN ERF 519 GROBLERSDAL- DORPSGEBIED (WAT BEKEND SAL STAAN AS ERF 29 GROBLERSDAL- DORPSGEBIED).
Ons, Smit & Fisher Planning (Pty) Ltd, as die gemagtigde agent van die eienaar van Gedeelte 2 van Erf 519 Groblersdal- dorpsgebied (wat bekend sal staan as Erf 29 Groblersdal-dorpsgebied), gee hiermee kennis ingevolge Artikel 39 van die Elias Motsoaledi-
munisipaliteit se Grondgebruik- skema, 2022, dat ons op 22 Junie 2026 `n aansoek om toestemmings- gebruik by die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit ingedien het. Hierdie aansoek word gedoen ingevolge die bepalings van Klousule 40 van die Elias Motsoaledi- grondgebruikskema, 2022, saamgelees met Artikel 74 van die Elias Motsoaledi-munisipaliteit se Verordeninge op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruik- bestuur, 2016, ten einde die bestaande telekommunikasie-mas (een van die telekommunikasiemas met `n hoogte van 36 m en een van die monopaaltipe met `n hoogte van
20 m) en die basisstasie van
200 vierkante meter op die bogenoemde eiendom, gele te Groblerlaan, Groblersdal, Limpopo, te regulariseer.
Enige besware en/of kommentaar, insluitend die gronde vir sodanige beswaar(e) wat op hierdie aansoek van toepassing is, tesame met volledige kontakbesonderhede – waarsonder die Munisipaliteit nie met die persoon of liggaam wat die beswaar(e) en/of kommentaar indien, kan kommunikeer nie – moet skriftelik ingedien word by sowel die aansoeker (besonderhede hieronder) as die Registrasie- afdeling van die Departement van Grondgebruikbestuur by die onderstaande adres, of per pos gestuur word na Posbus 48, Groblersdal, 0470, of per e-pos gestuur word na lmapulane@emlm.gov.za, nie later nie as
5 September 2026 (28 dae na die datum van publikasie van die kennisgewing). Volledige besonderhede en planne (indien enige) kan gedurende normale kantoorure (08:00-15:30) by die munisipale kantore soos hieronder uiteengesit, besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf die datum van publikasie van die advertensie in die koerant, naamlik
7 Augustus 2026.
Volledige besonderhede en planne kan gedurende normale kantoorure by die munisipale kantore, soos hieronder uiteengesit, besigtig word vir `n tydperk van 28 dae vanaf
7 Augustus 2026. Enige persoon wat nie kan skryf nie, kan gedurende kantoorure by die bogenoemde adres aanmeld, waar die Munisipale Bestuurder van die Elias Motsoaledi Plaaslike Munisipaliteit sal help om u besware of kommentaar op skrif te stel.
Adres van munisipale kantore: Groblerlaan 2, Groblersdal, 0470
Naam en adres van aansoeker: Smit & Fisher Planning (Pty) Ltd
371 Melkstraat, Nieuw Muckleneuk, 0181
Posbus 908, Groenkloof, 0027
Telefoonnommer: 012 346 2340
Faksnommer: 012 346 0638
E-pos:
Tumisho.Kekana@sfplan.co.za
Publikasiedatum:
07 Augustus 2026
Sluitingsdatum:
05 September 2026
Verwysing: Groblersdal
ETE & Mast
Reference Number: SC000248