Sport
Oud-Errie jaag wêreldtitel in 400 m-eindstryd
Oudleerling van Hoërskool Ermelo, Kryn Romijn, sal vanaand in die 400 m-eindstryd by die Wêreld o .20-kampioenskappe in Eugene, Oregon meeding.
Kryn Romijn, oudleerling van Hoërskool Ermelo, sal vanaand in die 400 m-eindstryd by die Wêreld o .20-atletiekkampioenskappe in Eugene, Oregon, in die Verenigde State meeding.
Romijn het sy plek in die eindstryd verdien nadat hy ‘n tyd van 45.79 sekondes aangeteken het tydens die uitdunne.
Die talentvolle atleet het vroeër vanjaar ook sy stempel afgedruk deur goud in die 400 m tydens die ASA Veld- en Baankampioenskappe te verower.
Nog ’n Suid-Afrikaner, Leendert Koekemoer, sal om 20:53 vanaand saam met Romijn in die eindstryd meeding.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



