TA017101
NOTICE STEVE TSHWETE WYSIGINGSKEMA 243, BYLAAG A220 KENNISGEWING VAN DIE AANSOEK OM DIE WYSIGING VAN DIE STEVE TSHWETE GRONDGEBRUIKSKEMA, 2019, INGEVOLGE ARTIKELS 62(1) EN 94(1)(A) VAN DIE STEVE TSHWETE RUIMTELIKE BEPLANNING EN GRONDGEBRUIKSBESTUURSVERORDENING, 2016 Ek, Jaco Peter le Roux (Pr Pln 1467/2011), van Afriplan BK (1994/029217/23) synde die gemagtigde agent van die eienaar van `n onderverdeelde gedeelte ( 17.6ha) van die Resterende Gedeelte van Gedeelte 3 van die plaas Rietfontein 314-JS gee hiermee ingevolge Artikel 94(1)(a) van die Steve Tshwete Ruimtelike Beplanning en Grondgebruiksbestuursverordening, 2016, kennis dat ons by Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit aansoek gedoen het vir die wysiging van die Steve Tshwete Grondgebruikskema, 2019, deur die hersonering van die eiendom, gele ongeveer 8,2km suid-wes van die Middelburg Mall vanaf `Landbou Sone` na `Vervoer Sone 1` soos vervat in Bylaag A220. Besonderhede van die aansoek l ter insae gedurende gewone kantoorure by die kantoor van die Munisipale Bestuurder, Steve Tshwete Plaaslike Munisipaliteit, Munisipale gebou, Wandererslaan, Middelburg, 1050, vir `n tydperk van 30 dae vanaf 15 Mei 2026 (laaste datum vir kommentare 15 Junie 2026). Enige persoon wat nie kan skryf nie sal tydens kantoor-ure deur `n amptenaar by die Kantoor van die Munisipale Bestuurder bygestaan word om kommentaar in te dien. Besware of verto ten opsigte van die aansoek moet binne `n tydperk van 30 dae vanaf 15 Mei 2026, skriftelik by of tot die Munisipale Bestuurder by bovermelde adres of by Posbus 14, Middelburg, 1050, ingedien of gerig word. Besonderhede van die agent: Afriplan CC, John Magagulastraat 14, Middelburg 1050. Tel: 013 282 8035. E-pos: jaco@afriplan.com/vicky@afriplan.com
Reference Number: TA017101